Die verenigde Volke
Het Selfmoord Gepleeg

Dr.Rath MD is die wereld-bekende wetenskaplike wat die ‘gewete van die wereld geword het’ gedurende die Irak oorlog.Dr Rath het in sy laaste ope brief gevra dat President Bush beskuldig woet word.Hierdie ope brief was skaars binne twee dae gevolg deur die verlugting van die nou infame martelingsfoto’s op TV en ‘n erosie van geloofwaardigheid wat die huidige administrasie nie sal oorleef nie.
Dr. Rath sluit die hoofstuk op George Bush met hierdie ope brief vandag af en vestig dan die aandag op die historiese geleentheid wat die huidige situasie vir die mensdom se toekoms aanbied.
|
|
VS(A) Administrateur Paul Bremer het op 28 Junie soos ‘n dief in die nag uit Irak gevlug. Intussen het George Bush en sy administrasie probeer om hulle verowering van Irak aan die wereld(se mense) te verkoop as ‘n bydrae tot ‘n veiliger wereld.Tog weet almal dat die teenoorgestelde die waarheid is.
Ses miljard mense rondom die wereld begin nou bewus word van die skrikwekkende realiteit dat die Verenigde Volke, die waarborger van vrede en sekuriteit, nie meer bestaan nie. Vir die tweede keer in die geskiedenis van die mensdom was ‘n internasionale organisasie-wat uitdruklik tot stand gebring is om vrede en internasionale sekuriteit te handhaaf- vernietig. Die Verenigde Volke het in Junie 2004 selfmoord gepleeg-70 jaar na die demissie van die Volkebond.
George Bush het in Maart 2003 ‘n oorlog gelei teen Irak wat die Internasionale Wet oortree het, en strydig met ‘n VV besluit.was.Die VV Veiligheidsraad, met sy besluit op Junie 8,2004 om ‘n VS(A)-aangevoerde besetting van Irak te bemagtig, het terugblikkend, die Irak-oorlog goedgekeur. Met hierdie besluit het die VV Veiligheidsraad sy eie internasionale wetskode, die VV Grondwet en dus, die ware basis van die VV se bestaan, vernietig.
George Bush sal in die geskiedenis ingaan as die man wat gehelp het om die Verenigde Volke te vernietig. Dit was nie ‘n willekeurige daad nie. Hy het ‘n plan voltooi wat in vroee strategiese dokumente insluitend die “Project for a New American Century” deur Wolfowitz, Cheney,Rumsfeld en andere wat hoe posisies in die Bush administrasie beklee, uitgestippel is. Nou, in Junie 2004, is hulle sending vervul.
Enige nasie in die wereld, en veral ontwikkelende nasies, is nou die prooi van wereld, korporatiewe belange.
Nou dat die VV se internasionale wetskode nie meer bestaan nie, is die enigste veiligheidsambreel wat die oorgrote meerderheid van nasies beskerm het, daarmee heen. Dit beteken dat enige land van nou af-veral die 150 ontwikkelende en aanvangsnasies-deur enige sterker ekonomiese moondheid,onder enige onder voorwendsel, gedreig, aangeval en verower kan word.
Ses miljard mense woon nou in ‘n wereld wat tot stygende krisesse, verdere oorloe en korporatiewe hebsug, blootgestel word.
Enige land kan nou binnegeval en gedwing word om te lewe onder omstandighede wat hulle nie willekeurig gekies het nie. Die wereld word nie meer deur nasionale koloniale magte regeer nie. Hierdie koloniale meganismes is vervang deur korporatiewe kolonialisme en die hebsug van beleggingsgroepe en politieke potbewaarders wat op ‘n globaal vlak opereer. Die lyding van die wereld se mense is in beide gevalle dieselfde.
Die mensdom het nou die keuse.
Ons, die mense van die wereld, moet nou besluit. Wil ons he dat die 21ste eeu, ‘n eeu moet wees van korporatiewe verkragting van die wereld se hulpbronne en die onderwerping van mense se gesondheid en lewens aan korporatiewe belange? Of moet ons besluit om ‘n ander roete te neem.
Die Historiese Geleentheid
Die politieke selfmoord van die Verenigde Volke was die laaste stap na die dood van hierdie organisasie se rol sa dienaar van die werekd se mense. Die permanente lede van die VV Veiligheidsraad, vernaamlik die VS(A) en VK, het lankal begin om die VV te misbruik as die politieke tak van hulle globaal korporatiewe belange.Hierdie korporatiewe belange het ook sistematies die VV suborganisasies, die WGO en WHO, misbruik as die instrumente om strukture van “korporatiewe belange” te sementeer.
Die invloed van die farmaseutiese industrie-die grootste beleggings industrie ter wereld- was veral verwoestend. Terwyl hulle belowe om gesonheid aan die wereld te lewer, is die opbrengs van hulle beleggings gebaseer op die voortduring van siektes-as die wereldmarkte vir hulle geneesmiddels.
Deur die misbruik van WHO het hierdie belange die aanvaarding van die gewetenlose beginsel van patente fooie selfs op die armste nasies van die wereld geforseer. Terseldertyd, deur die WGO te misbruik probeer die medisyne maatskappye effektiewe natuurlike altenatiewe onwettig te verklaar, onder die dekmantel van die VV se Codex Alimentarius.
Die Mensdom het nou die historiese geleentheid om ‘n voortdurende wereldsregering vir die mense deur die mense,te skep – ‘n Alliansie van Nasies.Sy stigtingsbeginsels volg hieronder.Nou hang dit af van die wereld se mense om dit ‘n realitiet te maak.
Die Mense Van Die Wereld
Moet nou die Alliansie
van Nasies Bou:
Inleiding
1. Voortdurende Wereldregering vir die Mense deur die Mense .Die Alliansie van Nasies(AN) is ‘n organisasie waarby alle nasies kan aansluit.Veral die ontwikkellende lande, die ekonomiese aanvangslande, sowel as kleiner geindustriliseerde lande, het ‘n groot behoefte aan ‘n internasionale alliansie wat in staat is om die integriteit van nasies sowel as die fundamentele regte van biljarde mense te beskerm.Die deelname van die mense en nie-regerings organisasies is ‘n noodsaaklike deel van die Alliansie van Nasies.
2. Die Behoefte om die Verenigde Volke te Vervang. Die Alliansie van Nasies vervang die Verenigde Volke as ‘n wereldregering want, in verband met die Irak-oorlog, het die VV,sy eie Grondwet in die steek gelaat, sy eie internationale wetskode oortree en dus, die ware rede vir sy bestaan, verloor.Dit was net die finale stap.In die laaste paar dekades, was die VV al klaar misbruik as die politieke tak van globaal ekonomiese moondhede om hulle belange op die minder-gegoede nasies en die mense van die wereld te forseer.
3. Die Dringenheid om die Nasies van die Wereld te Beskerm. Die primere doel vir die stigting van die VV en sy Grondwet was om oorloe van aggressie te verbied om sodoende nog ‘n Wereldoorlog te voorkom, en om die 150 kleiner nasies van die wereld te beskerm teen besetting deur ekonomiese moondhede namens korporatiewe belange.Hierdie beskermende skild bestaan nie meer nie aangesien die internasionale wetskode nou onherstelbaar vernietig is.Daar ontstaan nou as objektief en ‘n dringende behoefte aan, ‘n nuwe internasionale wetskode om die oorgrote-meerderheid van nasies en hulle mense te beskerm, en om wereldvrede te verseker.
4. Die Dringendheid van die Voorkoming van ‘n Wereldoorlog. Die mensdom het al twee keer tevore besluit om wereldparlemente te stig.Die Volkebond was in 1919 na die einde van die WO 1 gestig met die doel om nog ‘n Wereldoorlog te voorkom.Sy mislukking om die opkoms van Nazi-Duitsland stop te sit het die weg na die volgende Wereldoorlog gebaan. Die Verenigde Volke was in 1945 gestig in antwoord op die WO 11. Hierdie liggaam het ses dekades later ook gefaal omdat dit nie in staat was om sekere lidstate te belet van ander nasies aan te val nie,wat strydig met die VV se internasional wet was. Hierdie mislukking baan die weg na verdere krisisse wat die uiteindelike gevaar van ‘n WO 111 inhou,‘n oorlog wat met grootskaalse wapens van vernietiging geveg sal word.Die Alliansie van Nasies sal die eerste wereldregering wees wat met voorbedagte rade voor-nie na -‘n wereldoorlog gestig gaan word met die vasberadenheid om sy eie heengaan te voorkom, en sy toekoms te verseker.
Hoe gouer die Alliansie van Nasies gestig word en hoe meer nasies dit ondersteun, hoe gouer sal internasionale sekuriteit herstel word, en hoe gouer sal ons en ons kinders in ‘n wereld van blywende gesondheid, vrede en sosiale geregtigheid kan lewe.
Sepheo-pheo le Kgopolo
Die Alliansie van Nasies word as ‘n wereldregering gestig vir die mense deur die mense.Sy voorneme en beginsels is ‘n blywende globale regering wat eksklusief die belange van die mense van die wereld dien.
1. Die Doelwitte. Die Alliansie van Nasies beoog die bevordering en beveiliging van ‘n wereld van vrede,gesondheid en sosiale geregtigheid soos deur sy konstitusie gedefinieer is.
2. Gelyke Regte vir al die Mense. Die voorneme van die Alliansie van Nasies is om vrede vir al die inwoners van die planeet te beveilig en om te verseker dat al die mense dieselfde regte tot gesondheid, waardigheid, voorspoed,sowel as, toegang tot die planeet se bronne,geniet.
3. Gelyke Regte vir al die Nasies – Een Land-Een Stem. Elke land, ryk of arm is gelyk binne die Alliansie van Nasies en het een stem.Die alliansie se besluite is bindend vir alle lidstate. “ Die Een land-Een stem” beginsel in ‘n wereldregering is ‘n belangrike stap na die beveiliging van wereld vrede vir alle toekomstige geslagte.
4. Mense voor Winste. Die Alliansie van Nasies beplan en voer sy beleidsrigtinge uit in die belange van die mense, en nie namens die belange van korporasies nie.Die wereld se mense,om hulle fundamentele regte te beskerm,kan daarop aandring dat ‘n globale referendum oor belangrike sake, soos gesondheid,uitgevoer word,wat dan bindend op die wereldregering sal wees,
5. Voordele van Vrede en Voorspoed. Lidmaatskap van die Alliansie van Nasies le binne die belang van elke persoon en elke nasie op aarde omdat hierde globale alliansie aan die mees basiese behoeftes van die mense voorsien. Die eerste en voorste behoefte van die mense van die wereld is die van vrede en internasionale veiligheid deur die Alliansie van Nasies. Die behoeftes aan gesondheid, sosiale geregtigheid en voorspoed sal deur ‘n omvattende ruiling van informasie en kooperasie op die gebied van gesondheid, wetenskap, handel,mikro-en makroekeonomie, kultuur en ander areas,voorsien word.
6. Uitskakeling van die Gaping tusen Arm en Ryk Lande. Die ekonomiese afhanklikheid tussen ryk en arm lande sal verminder en uiteindelik uitgeskakel word as gevolg van wetenskaplike vordering en nuwe tegnologies. Twee areas-die van gesondheid en energie-sal met die hoogste prioriteit gesamentlik ontwikkel word, omdat hierdie twee sektore in die verlede aanhoudend misbruik was vir die skepping van internasionale afhanklikheid en die sementering van globale ongelykheid.
7. Gesondheid vir Almal – Deur die Uitroei van Vandag se Mees Alledaagse Siektes. Dit was wetenskaplik bewys dat gebreke aan mikrovoedingstowwe die oorsaak van vandag se mees alledaagse siektes-insluitend kardiovaskulere siekte- is. Diere-in teenstelling met mense-kry nie hartaanvalle nie,omdat vitamine C, wat die produksie van kollageen en die stabilitiet van bloedvaatwande versterk, self deur hulle liggame produseer word.Mikrovoedingstofgebreke is op dieselfde manier,die primere oorsaak van aansteeklike siektes, ViGS ingesluit. Die uitroeiing van kardiovaskulere siekte, kanker en osteoporose, sowel as die kontrolering van globale epidemies soos tuberkulose en VIGS, maak grootliks staat op die globale verspreiding van hierdie basiese gesondheidsinformasie. Die Alliansie van Nasies sal deur die bevordering van die World Health Alphabetization/ Wereldgesondheidsalfabetisering,’n einde maak aan gesondheidsongeletterdheid – en daardeur die voorvereiste vir vandag se mees alledaagse siektes beindig-en sodoende biljarde lewens red en triljoene rand in gesondheidssorgkoste bespaar.
8. Beeindiging van “Bedryf met Siekte”. Die doelbewuste voortduring en bevordering van siektes vir korporatiewe wins-die “Bedryf met Siekte”-is deur die Alliansie van Nasies-as onwettig verklaar. Patente op die gebied van gesondheid, sowel as mense-,diere- en plantelewe is uitgeskakel omdat hulle die basis vir die farmaseutiese beleggingsbedryf met siektes is.
9. Energie vir Almal: Nuwe bronne van hernubare energie word nou beskikbaar gestel en hulle kan gratis energie aan al die mense op ons planeet veskaf. Die gebruik van waterkrag (hidroetegnologie), behalwe sonnekrag, is wetenskaplik ontwikkel. Die grootskaalse produksie van hierdie hernubare vorms van energie en hulle verskaffing aan die mense van die wêreld teen byna geen koste verminder enige afhanklikheid van die petrochemiese beleggingsbebedryf.
10. Omvattende Stelsel van Internasionale Wet: Die Internasionale Wet van die Alliansie van Nasies vervang die nie-bestaande internasionale wetskode van die VN. Die Internasionale Wetskode van die Alliansie van Nasies word deur die beginsels van waardigheid en gelyke regte vir al die mense van die wêreld beheer asook deur die smag na vrede, sekuriteit en geregtigheid vir al nasies, groot en klein. Hierdie Internasionale Wetskode is bindend op alle lede en sanksies sal in die geval van oortredings toegepas word. Die aanvoering van oorloë van aggressie wat ‘n oortreding van die Internasionale Wet van die Alliansie van Nasies is, sal met onmiddelike internasionale isolasie van die oortreders gestraf word.
11. Die Vreedsame Beslegting van Konflikte. Die lidstate van die Alliansie van Nasies is verbind tot die vreedsame oplossing van all konflikte wat onder hulle sal onstaan.
12. Internasionale Sekuriteitsstelsel. Die Alliansie van Nasies beskerm sy lede van dreigemente, aanvalle of besettings deur nie-lede, deur middel van ‘n verdedigingsmag, wat vredesbewaringmagte insluit, wat deur die Alliansie van die Nasies verbind hom aan die verdedigingsnatuur van hierdie mag.
13. Ontwapening as ‘n Doelwit. Die instandhouding van verdegings – en beskermendemagte is ‘n noodsaaklike stap in ‘n wêreld wat nog steeds deur ekonomiese moondhede en militêre magte regeer word. Die Alliansie van Nasies is terselfdertyd daartoe verbing om ‘n globale verbod op wapens van massa vernietiging en om ontwapening te bewerkstellig.
14. Setel van die Alliansie van die Nasies. Die sleutel tot voortdurende vrede op ons planeet is die afskaffing van ongelykheid tussen ryk en arm lande. Om hierdie proses te versnel, word ‘n land met ‘n geskiedenis van liberalisasie van die boeie van kolonialisme, as die eerste setel van die Alliansie van Nasies aangewys.
Matthias Rath, M.D.
June 29, 2004
|